Hoërskool Prieska
Description
Hoërskool Prieska is 'n gekombineerde skool gebaseer in Prieska, Noordkaap, Suid Afrika. Oor die jare het Hoërskool Prieska verskeie top studente gelewer aan die gemeenskap en gaan voort om so te doen. Daar is vele Alumni wat kan getuig oor die gehalte onderrig wat hulle by HSP ontvang het. Die skool het 'n indrukwekkende slaagrekord van 100% vir 'n hele aantal opeenvolgende jare, wat jaarliks groei.
HSP lewer elke jaar talle studente wat hulle studies vêrder bevorder by verskeie van die Top Universiteite in die land. Ons ontvang gereeld positiewe terugvoer oor hul goeie prestasies op Universiteit asook in die werkplek.
Ons Glo Ons Kan!
Tell your friends
RECENT FACEBOOK POSTS
facebook.comOns skool maak landwyd opslae! Voel bitter trots.
HSP doen dit alweer! Baie geluk aan elke matriekulant wat ons skool se naam steeds hoog hou met nog n 100% slaagsyfer. Dis voorwaar n puik prestasie! Ons glo ons kan!
Nog boeresport
N suksesvolle boeresport
Jean- Pierre Fourie het die trofee gekry vir die beste agterspeler 0/13 van die toernooi. Baie geluk ons is voorwaar trots op jou. Wilhette Fourie
Hoërskool Prieska is trots op Ronelda Smit wat kaptein is van die 0/13 Griekwa netbalspan wat tans aan die bokkieweek deelneem.
Griekwas doen baie goed by die bokkieweek
Baie geluk aan Ronelda Smit (netbal O/13) en André Truter (rugby O/14) wat as kapteine van hul Griekwas Bokkieweek spanne aangewys is. Ons is trots op julle?
Baie sterkte aan die Griekwa Bokkieweekspan met jul wedstryde die week! Johnty, Jaen-Pierre en Henrico ons is trots op julle! Hou Prieska se naam hoog!
Griekwa u13 xv v Griffions - Jaen-Pierre in aksie
Andre Truter en Gerrie Pretorius, sterkte vir julle wedstryd môre teen Noord Transvaal.!!! Julle maak ons trots. Baie geluk André met jou kapteinskap!
Die Tweekamp seisoen is om die draai en amptelike oefening by mnr. Schutte en me. Uys begin reeds die eerste week in Augustus 2017. Almal wat belangstel om die komende seisoen aan tweekamp deel te neem moet asb VOOR die heropening van die skool op 24 Julie 2017 hul name en hul ouderdom soos op 1 SEPTEMBER 2017 aan SONJA IMMELMAN per whatsapp op 082 5636 929 deurgee. Amptelike registrasies vir die nuwe seisoen open 7 Augustus 2017.