Top Local Places

De Oudekraal Wedding Venue

Posbus, Caledon, South Africa
Event Planner

Description

ad

De Oudekraal Wedding Venue is the perfect setting for your big day, complete with beautiful surroundings, qualified chefs & accommodation for your guests!

RECENT FACEBOOK POSTS

facebook.com

Rayne van Staden

Rayne van Staden
facebook.com

Altus & Tertia, 3 Desember 2016

Op n pragtige Desembersdag het Altus en Tertia op ‘die vlug van hulle lewens’ gegaan. En wat n bestemming was dit nie!!?! De Oudekraal het sowaar n trans-atlantiese metamorfose ondergaan, met tafelname van verskillende lande/plekke, papiervliegtuigies as confetti en n wêreldkaart uit hout. Pragtig! n Mens het nie baie woorde nodig om hulle op te som nie: Altus was baie ontspanne en het rustig iets uit n pakkie geëet terwyl ek en Gys die dag voor die tyd die volgende dag met hulle bespreek het (mind you, dalk was hy glad nie so rustig nie en was dit maar tog senuwees wat geknaag het! ) Tertia, die ene glimlag, in n stunning skepping wat teggelyk nuwerwets en vintage was, het nie net Altus nie maar al die gaste se asems weggeslaan. Saam het die twee die nuwe lewe as getroude paartjie begin en gedans en partytjie dat die stof behoorlik gestaan het. Ek het n lang pad met Altus en Tertia gestap en ek kan met all eerlikeheid in my hart getuig dat hierdie n ‘match made in heaven’ is, en dat hulle nog ‘many moons’ saam gaan wees. n Gelukkige, gemaklike en geliefde paartjie. Xxxx

Altus & Tertia, 3 Desember 2016
facebook.com

De Oudekraal Wedding Venue's cover photo

De Oudekraal Wedding Venue's cover photo
facebook.com

Wessel & Janneke, 1 Oktober 2016

Ek was so opgewonde toe ek hierdie twee ontmoet, want sien, ek ken n 'Oudekraal Bruidspaar' op n afstand. (al is ek soms ook verkeerd!) Ek onthou nog hoe ons klippe omgedop het by die kerkie op soek na die sleutel wat my pa daar 'weggesteek' het. Ek het toe benoud geword en gedink die tweetjies gaan dink dat hierdie Oudekraal mense deurmekaar is en dat hulle liewer elders hulle groot dag wil vier. Maar nee, n paar maande later was dit trouklokke vir hulle hier op ons plaas! Hier was 'uit die boks' idees met die spyskaart. Met kos op die tafels so tussen die gaste, het almal kuier-kuier gesmul aan gebraaide fillet, knoffelaartappeltjies op stokkies en lagieslaai. En die koeke...Oh die koeke! YUM! Janneke, jy kon regtig nie mooier gelyk het nie! Jy het die hele prentjie wat julle geskilder het in ons venue voltooi. Nou is jy ook n Overberger en n plaasnooi! Alles van die beste aan julle vir julle pad vorentoe! n Woordjie van die Bruid: Liewe Nonnie en Gys. Woorde kan nie julle asemrowende plekkie beskryf nie. Van dag een af het ek geweet die soektog vir Trou Venues is verby en ons het die perfekte onthaal en kerkie gevind. Nonnie geen taak was te groot nie en jy was altyd bereid om te help, en het ek nie 'n paar ongewone idees gehad nie. Die kos was fantasties, al ons gaste het behoorlik gegons vir weke daarna oor hoe lekker alles was. Alles was net perfek! Baie dankie vir alles!

Wessel & Janneke, 1 Oktober 2016
facebook.com

Wessel & Janneke, 1 Oktober 2016

Ek was so opgewonde toe ek hierdie twee ontmoet, want sien, ek ken n 'Oudekraal Bruidspaar' op n afstand. (al is ek soms ook verkeerd!) Ek onthou nog hoe ons klippe omgedop het by die kerkie op soek na die sleutel wat my pa daar 'weggesteek' het. Ek het toe benoud geword en gedink die tweetjies gaan dink dat hierdie Oudekraal mense deurmekaar is en dat hulle liewer elders hulle groot dag wil vier. Maar nee, n paar maande later was dit trouklokke vir hulle hier op ons plaas! Hier was 'uit die boks' idees met die spyskaart. Met kos op die tafels so tussen die gaste, het almal kuier-kuier gesmul aan gebraaide fillet, knoffelaartappeltjies op stokkies en lagieslaai. En die koeke...Oh die koeke! YUM! Janneke, jy kon regtig nie mooier gelyk het nie! Jy het die hele prentjie wat julle geskilder het in ons venue voltooi. Nou is jy ook n Overberger en n plaasnooi! Alles van die beste aan julle vir julle pad vorentoe! n Woordjie van die Bruid: Liewe Nonnie en Gys. Woorde kan nie julle asemrowende plekkie beskryf nie. Van dag een af het ek geweet die soektog vir Trou Venues is verby en ons het die perfekte onthaal en kerkie gevind. Nonnie geen taak was te groot nie en jy was altyd bereid om te help, en het ek nie 'n paar ongewone idees gehad nie. Die kos was fantasties, al ons gaste het behoorlik gegons vir weke daarna oor hoe lekker alles was. Alles was net perfek! Baie dankie vir alles!

Wessel & Janneke, 1 Oktober 2016
facebook.com

Wynand & Anneke, 29 Oktober 2016

Vir Wynand en Anneke kan ek regtig net uit my hart uit skryf – niks te styf of profesioneel of fancy nie… Wat n aangename ondervinding om met julle twee te kon werk! Ons het n lang pad saam gestap, en baie, baie eposse later het julle groot dag uiteindelik aangebreek! Hoe pragtig was dit nie! Daar was niks ontsien nie, maar steeds niks uitspattigs nie. Ek het nooit geweet dat n ‘sweet heart’ roomys, wat ons in ons kinderjare half gesmelt van n geheime bewonderaar via n vriendin gekry het, so n wonderlike, soete, liefdevolle atmosfeer kan skep laataand wanneer almal met so n hartjie in die een hand en n skiettende sterrietjie in die ander hand die bruidspaar ‘toepak’ tydens hulle eerste dans saam nie. Ek het gesien dat hierdie paartjie regtig n vriendekring het waarvan baie mense maar net kan droom. Almal het gehelp, gelag, gedruk, gedans, gedrink en fees gevier. Die Gerber troue was een soos min nog by De Oudekraal. Ek kon nie help om lief te raak vir Anneke nie, sy is net regtig een van daardie ‘unpretentious people’ wat regtig net omgee vir ander. Geen wonder Wynand was onder die trane om met so n stunning girl te trou nie! Dankie Wynand & Anneke. Dit was net smooth-sailing en n lied in my hart om julle dag met julle te kon deel. Ek weet julle gaan gelukkig wees! En n woordjie van die bruidegom. Dankie Wynand, dit is baie lekker om sulke pragtige terugvoering te ontvang! Wow, waar begin mens.... Ek en Anneke was meer as 'n jaar terug (purely by chance) by De Oudekraal en het dadelik geweet dit is PRESIES wat ons gesoek het. Die oop spasies, die beautiful kerkie, die huge plaas huis en die lekker kuier areas (En vir my die groot kroeg natuurlik ook!) Na baie op en af en besluite en gedagtes het ons finally besluit op ons kos en decor en wat presies ons wil doen. Nonnie en Gys is die GREATSTE hosts wat ek nog ooit ontmoet het by 'n venue. Daar was nie een geval waar hulle net blatant nee gesê het vir iets nie, en was altyd bereid om te sien wat die opsies was en hoe hulle kan help. Nonnie was heeltyd geduldig en gaaf en OP dit! Gys en sy span hardloop 'n champion kroeg wat almal heel aand besig gehou het. Die kos... oh my word... die kos. Ons het die mooiste en volste broodtafel gehad vir starters en die lekkerste lambshanks wat ek al in my LEWE geeet het vir mains. Soveel so dat ons die naweek na die troue wou terug gaan om te kyk of daar nie DALK iemand is wat trou en shanks eet nie. Ons sou wedding crash net vir dit. (Ek eet meer vleis as wat ek petrol in my kar gooi, so trust me on this one.) Dit was een van die lekkerste en happyste aande van ons lewens en Nonnie, Gys en hul span het 'n groooot rol hierin gespeel. Hands down die mooiste venue, met die beste staff en wêreld-rukkende kos. Ek sou sê tot die volgende keer, maar dit is bad luck, so ons hoop iemand nooi ons gou weer vir 'n troue soontoe. Hierdie plek is GOUD!!!

Wynand & Anneke, 29 Oktober 2016
facebook.com

Dave & Lauren, 5 November 2016

Dave & Lauren, 5 November 2016
facebook.com

Mark & Bianca Dwyer, 22 October 2016

n Paar woorde oor Bianca en Mark se groot dag - ek het so min met haar te doen gehad (Bianca was verseker my maklikste bruid tot hede) en tog kon ek n warm, vriendelike en saggeaarde mensie raaksien! Bianca het n paar jaar tevore haar niggie Trudie se troue by De Oudekraal bygewoon, dus het sy net gesê sy ken mos die venue en dit is wat hulle wil hê. Plain & Simpel! Mark het n bietjie die Saterdag van die troue by die venue rondgehang, en seker gemaak alles is perfek vir sy bruid. n Pragtige dag met sonskyn, verkleurde koringare en jersey koeie het alles n groot rol gespeel om hierdie spesiale okkasie n mylpaal in die lewens van die Dwyers te maak! Dankie Mark & Bianca, vir julle pragtige gesindheid, rustigheid. Dit was weereens net n fees! Bianca se woorde: Ek kan nogsteeds nie genoeg dankie se vir hoe spesiaal julle ons dag vir ons gemaak het nie. Van die begin af het als net maklik gebeur al het ons 1400km van julle af als gereel. Julle is baie professioneel en julle kos is uit die boonste rakke!!! Die venue self is goeie waarde vir jou geld en beautiful! Sal julle vir almal aanraai en self voorentoe weer gebruik. Voorspoed met al julle okasies weet dit sal als n griot sukses wees.

Mark & Bianca Dwyer, 22 October 2016
facebook.com

Mark & Bianca Dwyer

Mark & Bianca Dwyer
facebook.com

A word from our vegan bride Lauren, who got hitched to Dave November 2016 at DE OUDEKRAAL. A vegetarian mexican buffet - worked like a charm (honestly...i had my doubts...)! Future brides, bring it on! We cant wait to start our 11 wedding marathon in February! Dear Nonnie and Gys Wow.... we had the most perfect day. We cannot thank you both enough for being so accommodating and for allowing us to have our unique and colouful wedding. Our guests all loved the venue and had only good things to say about the food (well done!!). We were worried all the meat eaters would complain but not a peep. We will definately recommend you to other people ;).

facebook.com

Ryan & Lizelle, 12 March 2016

Ryan & Lizelle, what an absolute delight to work with! It seems I keep saying this, but we are just so fortunate to have such lovely couples saying ‘I Do’ at De Oudekraal! The décor, lotsa naked bulbs & bunting, together with our rustic wooden table, beautiful fresh flowers on the tables and from the roof and the two large lighted letters R&L behind the brides table, was all needed to create the perfect setting. Again – the most relaxed bride I could ask for! Lizelle, all dressed in smiles and white lace, was a dream bride, not only for us, but also for Ryan ! They got hitched between the trees, Lizelle discreetly showing of the beautiful back of her white lace wedding dress – a picture of absolute happiness! I also recall how worried Lizelle’s dad was when the wind started to breeze a bit at about 11am the morning of the wedding. He obviously didn’t want anything to spoil his beautiful daughter’s wedding day! Needless to say, the day turned out perfect in every way! Congratulations R&L, you guys really ‘got’ De Oudekraal! We wish you all of the best – you make it look so easy to love!

Ryan & Lizelle, 12 March 2016
facebook.com

Timeline Photos

Winter Renovations! Goodbuy sandblasted plastic sheets!!! :) #deoudekraalweddingvenue

Timeline Photos
facebook.com

Quiz