Top Local Places

Volksrust High School / Hoërskool Volksrust

Govan Mbeki Drive, Volksrust, South Africa
High School

Description

ad

Sic Vos Non Vobis Malificatus, ape - Thus you manufacture honey, o bee, not for yourself but for everybody! Toegeruste leerders binne ‘n veranderde omgewing, voorbereid vir die toekoms.

RECENT FACEBOOK POSTS

facebook.com

Aangeheg die matrieks se rekordeksamen rooster.

facebook.com

Hoërskool Volksrust se tennisspanne het op 10 en 11 Augustus aan die Hoëveld Tennisliga in Secunda deelgeneem. Die eerste dogtersspan wen 33-22 teen Hoërskool Oosterland. Toinette Viljoen wen haar enkelspel 8-1 en Lizaan Strydom wen 7-2. Saam wen hulle ook hulle dubbelspel met 8 spelle teenoor 1. Carli Strydom en Alea Uys wen hulle dubbelspelwedstryd teen Hoogenhout met 6 spelle teenoor 3. Die eerste seunsspan wen teen Hoërskool Secunda met 29-26. Pierre Uys speel ‘n uitstekende wedstryd en wen sy opponent 7-2. Anré Pretorius wen ook met ‘n mooi telling van 6-3. Tiaan Els en Anré span saam en wen hulle dubbelspel 5-4. In ‘n verstommende wedstryd teen Hoërskool Hoogenhout wen Tiaan sy uitstekende opponent met 6-4. Pierre het sy hele lyf op die spel geplaas om elke bal by te kom. Ondanks ‘n baie harde val, speel hy verder en wen 6-3. Die tweede seunsspan wen 32-23 teen Hoërskool Standerton. Pieter-Willem Duminy wen oortuigend met 9-0 en Maré Taljaard met 8-1. Saam wen hulle ook met ‘n baie mooi telling van 9-0. Die tweedespan wen ook teen Hoërskool Piet Retief met 33-22. Sep Uys wen sy enkelspel met 8-1, Pieter-Willem wen 6-3 en Maré wen 5-4. Teen Secunda wen albei dubbelspare, Janco Oosthuizen saam met Sep en Pieter-Willem saam met Maré; en Pieter-Willem wen sy enkelspel 5-4. Die tweedespan behaal ook ‘n naelbytoorwinning teen Hoërskool Hoogenhout, wat hulle met 28-27 wen. Beide dubbelspare wen en weer eens wen Pieter-Willem sy enkelspel, hierdie keer met 6-3. Pieter-Willem het uitstekend gespeel en gedurende die hele liga nie een wedstryd verloor nie. Al die spelers het die liga terdeë geniet en hulle harte uitgespeel. Volkies kan uitsien na die tenniskampioenskappe wat binnekort gaan begin. ~Elmarie Coetzer~

facebook.com

Hokkie skeidsregters Volkies spog met 2 nuwe vlak 1 hokkie graderings: Baie geluk aan Zuzane van der Merwe (graad 12) wat gekies is om o/18 IPT hokkie te skeidsreg. Baie geluk ook aan Carli Strydom (graad 10) wat gekies is om Provinsiale o/16 hokkie te skeidsreg. Albei hierdie prestasies is puik.

facebook.com

Lees gerus hierdie mooi stukkie, soos wat dit onlangs verskyn het in die Rapport Beleef.

facebook.com

Volkies se hoofman verjaar Die hoof van Volkies, mnr. Jan Ferreira, het 7 Augustus sy verjaarsdag op 'n prettige wyse gevier saam met elke leerling en personeellid. The Executive Council gave Mr Ferreira a small party during break where heart warming words of thanks and appreciation were shared. Die groot pret het aan die einde van die dag gekom toe al die leerlinge in die saal was en mnr. Ferreira gedaag is om verskeie aktiwiteite blitsvinnig te voltooi. Almal het geskater van die lag terwyl mnr. Ferreira in goeie gees deelgeneem het. The chairpersons of each of the grades' RCL also expressed their words of appreciation to Mr Ferreira. One message was evident throughout the whole day: Volksrust High School's principal has excellent values and integrity. Dankie, mnr. Ferreira, vir als wat u vir Volkies beteken. ~Marika Rossouw~

facebook.com

Hoërskool Volksrust se dansers het met oorgawe deelgeneem aan die Newcastle Eisteddfod se dans afdeling. Die Newcastle Eisteddfod vind elke tweede jaar plaas en elke keer wys Volkies dat hulle goud werd is tydens hierdie kompetisie. Hoërskool Volksrust se dansers het weereens beïndruk met hulle uitslae: Jaydine Koekemoer Ballet: Dubbel goud Mia Myburg Modern: Goud, Ballet: Goud Jonathan Koekemoer Spaans: Dubbel goud Nerissa van Heerden Ballet: Goud, Contemporary: Goud Esmé van der Merwe Ballet: Dubbel goud Zunné van Heerden Spaans: Goud, Ballet: Goud Marlize Delport Ballet (groep): Dubbel goud, Ballet: Dubbel goud, Character: Goud, Open: Goud Tehillah Engelbrecht Ballet (groep): Dubbel goud, Spaans: Dubbel goud, Character: Dubbel goud, Ballet: Goud Anzel Alberts Ballet (groep): Dubbel goud Laurissa Hammond Ballet: Goud Stephenie van Deventer Spaans: Goud Anerieke la Cock Ballet (groep): Dubbel goud, Character: Dubbel goud, Ballet: Goud, Ballet: Goud, Open: Goud Sommige van hierdie dansers gaan later hierdie maand ook deelneem aan die Bethal Eisteddfod en die Standerton Eisteddfod. Ons weet hulle sal Hoërskool Volksrust se naam hoog hou en ons beste wense vergesel hulle. ~Marynza de Bruin~

facebook.com

Eerste akademiese uitslae vir kwartaal 3 Baie geluk aan 3 Volkies wat reeds aan die begin van die eerste kwartaal presteer. In graad 12 behaal KD Steyn 87 en Mikayla Willemse 80 vir Rekenaartopassingstegnologie. Veronica Booysen behaal 80 vir Landbouwetenskap. Baie geluk aan hierdie leerders.

facebook.com

Shaugne and Anthony van der Watt will be representing SA JKA Karate at the 14th Gichin Funakoshi World JKA Championships to be held in Limerick, Ireland on 17 to 20 August 2017. The South African JKA Championships was held at the Standard Bank Arena in Johannesburg on 19 & 20 May 2017. The first four places were awarded a spot in the National team who will represent South Africa at the Gichin Funakoshi world Championships which will be held in Ireland this month. Anthony, having obtained his Shodan (1st degree Black Belt) in August last year, took part in the Elite Boys 14 years-division and convincingly won all five fights securing him a gold medal and first place to represent South Africa in kumite. His division had more than 30 participants from all over South Africa and, while he did not win a medal for kata, he achieved fifth place and will be competing in both the kumite and kata divisions at the JKA World Championships. Shaugne, a 2nd degree Black Belt (Nidan), participated in the Elite Boys 17 years- division, with over 24 competitors, and sailed through to the finals losing by only one half-point. His silver medal secures him a place to represent South Africa at the JKA World Championships in Ireland for kumite and his fourth place in kata earns him a chance to participate at this prestigious tournament for this event as well. Both boys have represented South Africa on International level before and have 20 years of JKA karate between them. Participating in a sport such as JKA Karate takes time, commitment, effort and endless hours of training and dedication and participation at Provincial and National level is a must to maintain the standard and quality needed to represent one’s country. The boys received their official Green and Gold South African jackets and kit bags on Saturday, 5 August, at another senior training session. This was handed out to them by their Sensei and Chief Instructor of JKA Northern Kwa-Zulu Natal, Sensei Johan Swart. They will be leaving for Dublin on Monday, 14 August and will arrive back in South Africa on 22 August 2017. We wish Anthony and Shaugne the best of luck and safe travels and know that they will do their country proud.

facebook.com

Die o/16 Hokkiespan van Volkies is nie net PUK-16 wenners, Liga en Mpumalanga-wenners nie, maar na afloop van die naweek ook Noordvaalwenners! Die reeks het vanaf 3 - 5 Augustus in Krugersdorp by Hoërskool Monument plaasgevind. Altesaam sestien spanne het hier deelgeneem. Volksrust speel op die eerste dag teen Hoërskool Overkruin van Pretoria en wen 4 - 0. Die tweede wedstryd is teen Bastion waar die Volkies weer eens 4 - 0 wen. Op die tweede dag speel Volksrust teen Randburg en wen 6 - 1. Op dieselfde dag speel die Volkies kwarteindronde teen Hoërskool Piet Potgieter en wen 2 - 1. The semifinal ended in a 1-1 draw against Frikkie Meyer, but the team managed to win with a sudden death penalty shootout. In the final the team played against Brits and won 3 - 0 with Carli Strydom scoring all the goals. It has been an amazing year with the team winning all their tournaments. All the Glory to God. ~Karlie van der Westhuizen~

facebook.com

Volkies se eerste eksamen vir die jaar is geskryf en die leerders het uitstekende resultate behaal. Spesiale melding moet van die graad 12's gemaak word. Verskeie leerders slaag kwartaal 2 met vele onderskeidings en Volkies sien graag uit na die matriekuitslae wat vanjaar op ons wag. Hier volg die Top 10 akademiese leerders vir elke graad: Graad 12 Mikayla Willemse 90.71, Farah Moola 86.57, KD Steyn 86, Sameeya Moola 85.14, Ammaarah Gangat 82.17, Sincedile Sibeko 81.29, Tatiana Argyropoulou 81.14, Veronica Booyse, Sanele Zulu en Tasneem Moolla. Graad 11 Marnus Venter 90.13, Ivan Moller 86.13, Dian Delport 83.86, Toinette Viljoen 81.71, Ronise van Niekerk 81, Lizanne Strydom 80.57, Stephanie van Deventer, Fatimah Zahraa Moola, Kamogelo Mthethwa en Nomalungelo Nhlapho. Graad 10 Wian Moolman 89.57, Carli Strydom 81, Jacobus Uys, Muhammad Jhetam, Samiksha Ramdial, Janey Lombard, Vicki Marais, Gabriella Bettiol, Nomaswazi Nkosi en Lana Kranhold. Vir ons graad 10 leerders was die eerste groot eksamen van hulle hoërskool loopbane ʼn bietjie van ʼn skok. Ons sien uit na hulle prestasies in die toekoms. Graad 9 Alea Uys 92.89, Nour Raddadi 86.78, Tehillah Engelbrecht 84.89, Mare Tyaljaard 84.67, Owami Ndaba 80.44, Teboho Moloi 80, Lize-Marie Vosloo, Anthony van der Watt, Zandi Ngcobo en Lana Strydom. Graad 8 Stephanie Hepburn 89.56, Mahdiya Chothia 89, Elanie Hepburn 88.89, Mahdiyyah Jhetam 87.89, Zakiyya Sema 87.78, Willem Hatting 87.33, Mariska le Roux 85.89, Louw Viljoen 85, Zoë Muller 84.67 en Marlize Delport. ʼn Verdere groepie graad 8 leerders slaag kwartaal 2 met onderskeiding. Hulle is Yumna Moola, Thandolwethu Nene, Pieter-Francois Martins, Ambrocia Louis, Precious Kusi, Nathan Egel en Retha-Mari Roux. Baie geluk aan elkeen van hierdie blink sterre. Julle harde werk het voorwaar vrugte gedra. ~Marietjie Steyn~

facebook.com

Die Noordvaal kompetisie het plaasgevind vanaf Woensdag 2 Augustus tot Saterdag 5 Augustus in Nelspruit. Die volgende streke se wenners en naaswenners neem deel aan hierdie kompetisie: Wesrand, Mpumalanga, Noord Gauteng, Vaaldriehoek, Oos Gauteng, Noordwes en Limpopo. Die o/14 hokkiespan het hul eerste poelwedstryd Woensdag teen Overkruin gespeel. Volkies speel uitstekende hokkie en wen oortuigend 5 – 0. Die volgende poelwedstryd was teen Krugersdorp High en weer eens tree Volkies uit as oorwinnaars met ‘n telling van 6 – 2. Die laaste poelwedstryd was teen Maragon College en weer wen Volkies met uitstekende spel, 2 – 0. Die kwart finale het plaasgevind Vrydagaand teen Dr Malan en ook daar wen Volkies 6 – 0. Die semi finaal teen Delmas het plaasgevind Saterdag oggend en na ‘n baie goeie wedstryd eindig die wedstryd 4 elk. Na 8 sekondes verloor Volkies ongelukkig 4 – 3. Die wedstryd vir 3de en 4de plek teen Merensky het Saterdag middag plaasgevind en Volkies sluit hul toernooi af met ‘n goeie telling van 5 – 0. Baie geluk aan hierdie 13 spelers wat hul harte uitgespeel het en die meeste doele aangeteken het gedurende hierdie toernooi. Om 3de te kom in so ‘n groot toernooi is ‘n besonderse prestasie. Die o/14 meisies het voorwaar ‘n baie geseënde jaar van hokkie beleef. Hulle wen die PUK-16 reeks, is Liga wenners, Mpumalanga wenners, wen die semi-finaal van groot skole en wen Brons in Noordvaal. Hierdie prestasies is ‘n getuigskrif van die puik hokkie wat by Volkies gespeel word en ons kan nie wag vir ons nuwe o/14’s volgende jaar nie. Thank you very much to every parent for all their support during this season of hockey. Thank you for all your financial support to make this dream possible for the girls. We can’t wait for the season of 2018! ~Mariaan Pringle~

facebook.com

Op 2 Augustus het ons, die top tien akademiese presteerders in matriek van Hoërskool Volksrust, na die 2017 SASOL Techno X uitstalling vir Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie gaan kyk. Meeste van ons het met die idee gegaan om te gaan kyk vir geleenthede vir beurse aangesien almal van ons beplan om te gaan studeer by ‘n tersiêre instansie. Toe ons daar kom was ons verbaas om baie meer te sien. Verskeie universiteite van regoor Suid-Afrika het uitstallings kom aanbied en hulle vakrigtings geadverteer. Daar was ook maatskappye wat praatjies gelewer het oor wat hulle doen en beurse wat hulle kan toeken. Regeringsdienste soos die SAPD en regeringsdepartemente het ook uitstallings daar aangebied. Die dag was ‘n sukses, ons het almal die uitstallings geniet en dit het ook ons meer seker gemaak oor ons toekoms. ~KD Steyn~

facebook.com

Quiz

NEAR Volksrust High School / Hoërskool Volksrust