Top Local Places

Jan Kemp Hotel

Df Malanstraat 22, Jan Kempdorp, South Africa
Hotel

Description

ad

Great accommodation with  dstv, good food. Beautiful garden and pool.   Bar, bottlestore and florist, selling beautiful flowers and gifts. Call us.  

RECENT FACEBOOK POSTS

facebook.com

1 week om te gaan. Moedersdag spyskaart. Voorgereg. Beesvleis Rolrib, Gerookte vark boude, Hoender bredie en Wildsveispastei. Pampoen/patats, Wortel en ertjies. Gestolde slaaie, groenslaai en broodslaai. Montelimar, Sago, vrugtepoeding, Roomys. R170.00 Per persoon. Laerskool R70, Voorskool gratis. Ons gaan 'n besige naweek he. Bespreek asb. Lekker eet groete.

facebook.com

Met ongeloof kyk ek na my dagboek en sien dat dit oor minder as 3 weke Moedersdag is!! Julle moet asb vroegtydig bespreek vir die spesiale ete en moenie vergeet om die blomme vroegtydig te bestel nie.

Met ongeloof kyk ek na my dagboek en sien dat dit oor minder as 3 weke Moedersdag is!!  Julle moet asb vroegtydig bespreek vir die spesiale ete en moenie vergeet om die blomme vroegtydig te bestel nie.
facebook.com

So is April weer op sy rug en verstaan ek hoekom ons nie grond vat nie. Ons was baie besig met aangename gaste, en het ons bont gestaan met al die feesvierings. Hier is geen vervelige oomblik nie. Ons weet egter dat Hartenbos en Mosselbaai deur die Jan kempers ondersteun is, die dorp was stil gedurende die Paasnaweek Abraham het al ons hout oppervlakte deure en meubels afgeskuur en vernis en lyk dit weer nuut en vars in die hotel. Ons sien uit na die groep wat die anneks gaan opkikker. Ek en Bonnie is hard besig met more se spyskaart - Varkskenkels, Suurlemoen oondgebraaide hoender en paprika maalvleisbolletjies. Lekker slaaie en 'n verskeidenheid nageregte is ook in wording. Bel my en bespreek.

facebook.com

Nou ja, vroeg vannaand nageregte gemaak, my pasient is glad nie gesond nie. Onthou more se spyskaart. Lekker beesstert, hoenderpastei en maalvleisrol. Warm groente, lekker slaaie en 'n verskeidenheid soet nageregte

facebook.com

Jan Kemp Hotel

Jan Kemp Hotel
facebook.com

So is die 1ste kwartaal van die jaar alweer verby. Ons het 'n besige maand agter die rug en vertrou ons land oorleef die sirkusnarre in die parlement se besluite. Ons 13 op hierdie hoekie is positief ingestel en sal met ganade van bo hier bly. Ek, Susan, Andrew en Lucky gaan julle bederf met 'n lekker buffet. Beesstert bredie, hoenderpastei en maalvleisrol. Natuurlik is al die ekstras daar en heerlike poeding. Bel my asb en bespreek Die maters wat die lang pad vat vir die vakansie moet veilig ry. Kom heel huis toe. Ons gemeenskap het mekaar nodig.

facebook.com

'n vreeslike besige maand gaan dit nou bietjie rustiger. Ek en Bonnie is besig met vandag se buffet disse. Vrugtekelke/ Oondgebraaide hoender, Varkblad met mosterdsous en wildsvleisbredie. Daar is ook warm groente, slaaie en 'n verskeidenheid nageregte. Bel my en bespreek.

facebook.com

Wat 'n ongelooflike Februarie was dit nie, Baie besig met al die gaste wat ingebly het. Die blomme winkel het uit sy nate gebars, soveel so dat ek baie dae nie tyd gehad het om fotos te plaas nie. Verlede week het ons die voorreg gehad om al die familie en vriende hier te he vir Ma se groot 90 partytjie. Dankie Judy en Johnny, Niggie Antoinette en Hennie en Niggie Bertha en Jaap wat van ver gekom het om 2 naweke agter mekaar vir ma te kuier. Andre en Janne, Roelie, Werner Kate en Aimee, en al die Stoltze - al die Badenhorste en Spesiaal Aunty Marge wie nog steeds hier is. Julle het ons baie bederf. Al die plaaslike vriende en Onie en Dolf van Mafikeng. Hierdie naweek het die Botesse ons weer bederf met hul tuisgaan hier by ons, dis lekker om julle deel van die familie te maak hierdie naweek. Vannaand Tannie Martie se 90ste verjaarsdag gehad. Wat 'n merkwaardige vrou. Geen skeet, gehoor en oe nog puik en doen haar eie huiwerk en tuin. Nog vele gesonde jare jou toegewens vriendin. More weer 'n heerlike spyskaart. Bel my en bespreek. Tot ons weer gesels - lekker slaap al die nag uiltjies

Wat 'n ongelooflike Februarie was dit nie, Baie besig met al die gaste wat ingebly het. Die blomme winkel het uit sy nate gebars, soveel so dat ek baie dae nie tyd gehad het om fotos te plaas nie. 
Verlede week het ons die voorreg gehad om al die familie en vriende hier te he vir Ma se groot 90 partytjie. Dankie Judy en Johnny, Niggie Antoinette en Hennie en Niggie Bertha en Jaap wat van ver gekom het om 2 naweke agter mekaar vir ma te kuier.
Andre en Janne, Roelie, Werner Kate en Aimee, en al die Stoltze - al die Badenhorste en Spesiaal Aunty Marge wie nog steeds hier is. Julle het ons baie bederf.  Al die plaaslike vriende en Onie en Dolf van Mafikeng.
Hierdie naweek het die Botesse ons weer bederf met hul tuisgaan hier by ons, dis lekker om julle deel van die familie te maak hierdie naweek.  
Vannaand Tannie Martie se 90ste verjaarsdag gehad.  Wat 'n merkwaardige vrou.  Geen skeet, gehoor en oe nog puik en doen haar eie huiwerk en tuin.  Nog vele gesonde jare jou toegewens vriendin.
More weer 'n heerlike spyskaart. Bel my en bespreek.  
Tot ons weer gesels - lekker slaap al die nag uiltjies
facebook.com

So is dit die laaste dag van 2016 en is dit dankie se tyd. Ons waardeer elke gas wat sy kop op ons kussings neergele het en vir elke keer se terugkeer. Sonder jul ondersteuning sou ons nie oorleef het nie. Ek moet vertel van 'n hoogtepunt. Tannie Bessie Reynhardt se dogter Alida Terblance is 'n voorbeeld vir my. Sy het vir Tannie Bessie elke dag in die ouetehuis gaan haal en hulle het hier gekuier tot 9 uur saans. Sy het 'n ou Kersdag ete gereel en die suite laat lyk na 'n spoggerige 5 ster hotel. Mag al die liefde wat jy aan jou Ma bewys veelvuldig terugkom na jou op jou oudag. Dankie aan ons Skema ondersteuners wat reeds familie is. Jan Kemp Hotel se beleid is: Ondersteun jou eie gemeenskap, ons hou die munisipaliteit aan die gang. Elkeen wat ons buffet etes ondersteun, elkeen wat die bottelstoor, kroeg en blommewinkel op ge-oliede wiele laat loop. More het ons 'n heerlike buffet ete om die nuwe jaar in te storm. Bel my en bespreek.

facebook.com

Alweer Saterdag, soe die tyd vlieg. Baie mammas sit seker alreeds met hul hande in die hare en die vakansie het nog nie behoorlik begin nie. Ek en Bonnie gaan na ontbyt begin met more se spyskaart. Oondgebraaide Hoender, Mosterd tong en heerlike wildspastei. Voorgereg, warm groente, slaaie en nageregte sal soos gewoonlik in oorvloed wees. Bel en bespreek. Moenie vergeet van more aand se kers sangdiens by die NG Kerk Jan Kemp nie. Dit gaan baie spesiaal wees. Sien julle daar.

facebook.com

So snel 2016 verby! Ek het vandag ons Kersdag Buffet spyskaart opgestel en dit beloof om weer uit die boonste rakke te wees. Natuurlik gaan ons weer ons vleisaankope by Sarel doen om die beste kwaliteit vir julle te kan voorsit. Ek en Joseph was netnou M2M toe en het lekkeer beessterte gekoop vir eerskomende Sondag se buffet. Maak seker dat julle my bel en bespreek.

facebook.com

Wanneer laas het julle Sarel se greookte vark geproe? Ek en Susan is besig met more se spyskaart. 'n heerlike voorgereg, 3 vleisgeregte, 2 warm groentes, 3 slaaie, en lekker nageregte. Bel my en bespreek.

facebook.com

Quiz

NEAR Jan Kemp Hotel