Top Local Places

Hoërskool SPS Brandfort

78 Voortrekker Street, Brandfort, South Africa
School

Description

ad

Hoërskool Staatspresident Swart Hoërskool Staatspresident Swart is ‘n plattelandse skool met leerdertal van 520 vanaf Graad R tot Graad 12.

Ons beywer ons by SPS om leerlinge te ontwikkel en te leer volgens vaste beginsels en Christelike waardes. Ons fokus op die totale ontwikkeling van elke leerder om ‘n gebalanseerde persoon te ontwikkel.


Die Hoërskool SPS trag om met Afrikaans as voertaal opvoeding te bied wat die volle ontwikkeling van elkeen van sy leerlinge verseker.  Alle onderrig is streng op christelike beginsels en norme gefundeer.  Dit behels professionele onderrig op die hoogste vlak, met ‘n gesonde balans tussen Akademiese, Geestelike Kulturele en Sportbedrywighede, regte betrokkenheid van die hele skoolgemeenskap en individuele aandag aan alle leerlinge is komponente van hierdie opset.  Daar word ook gestrewe om ons ryke kultuurerfenis en ‘n trotse tradisie as ‘n integrale deel van die totale opvoedingspakket van die skool te maak.

• Beste Akademiese Prestasie Gr 12 uitslae in 2011 in onderwys streek
• 25 Jaar 100% Gr 12 slaagsyfer
• Gereelde vakonderskeidings en Olimpiese wenners
• Wye vakkeuses

RECENT FACEBOOK POSTS

facebook.com

Timeline Photos

Gelukkige Moedersdag aan AL die SPS-mamma's.

Timeline Photos
facebook.com

Timeline Photos

Juf Sanel, Mnr Meyer en die Gr. 11's wil vir almal wat die Gholfdag Vrydag bygewoon het Baie Dankie sê. Dit was voorwaar 'n mooi dag. Spesiale Dankie aan Gerdra Kruger wat ons gehelp reël het aan die dag. Borge vir die dag Konica Minolta, Brandfort Spar, GWK, Libra Makelaars, Kloppers, Proper Consulting Engineers, African Bank, Bayagro, Johan Smit, Ultimate Silencers en African Brake parts en Amcaw. Jul betrokkenheid word opreg waardeer.

Timeline Photos
facebook.com

Sterkte aan ons Gr.11's met vandag se gholfdag by Schoemanpark.

facebook.com

Timeline Photos

SPS speelgoedprojek - Ons het vandag briefies uitgedeel vir die Laerskool leerders om oor die langnaweek bietjie hul speelgoed uit te sorteer. Indien daar is wat hul nie meer wil hê nie,stuur asseblief Dinsdag saam skool toe. Ons wil graag ander skooltjie se kinders se hartjies ook bly maak. Alle skenkings sal waardeer word.

Timeline Photos
facebook.com

Timeline Photos

Wat n goeie rugbydag vir SPS was dit nie gister nie. Ons speel tuis teen St. Andrews en tellings is soos volg: O/14 verloor 17-22 O/16 wen 40-14 Tweedes verloor 5-38 Eerstes wen 15-12 Baie geluk aan al die rugby seuns.

Timeline Photos
facebook.com

Photos from Hoërskool SPS Brandfort's post

Van ons leerders was by verskeie aktiwiteite betrokke die Maart-vakansie. Baie geluk met jul prestasies.

Photos from Hoërskool SPS Brandfort's post
facebook.com

Photos from Hoërskool SPS Brandfort's post

Ons eerste netbalspan het die vakansie in Potch gaan toer. Behalwe dat hul, hulself Baie geniet het,het hul ook goed gevaar met die wedstryde. Hul het teen Zeerust 14-7,Port Natal 18-14 en Bothaville 16-15 gewen. Ongelukkig teen Klerksdorp 8-16 en Randpark 13-16 verloor. Baie trots op die span wat 'n prys gekry het vir uistaande verbetering en aan Erika Roux vir uitstaande spel tydens die toer. Sterkte vir die seisoen.

Photos from Hoërskool SPS Brandfort's post
facebook.com

Photos from Hoërskool SPS Brandfort's post

Ons eerste Rugbyspan het in Parys gaan toer die vakansie. Hul het teen Bothaville 28 -7 gewen,asook teen Parys 12 - 0 en ongelukkig in hul laaste wedstryd verloor teen Belvedere 24 -28. Hul het ook in hul "afdag" bietjie by Gold Reef City" gaan kuier. Sterkte vir die seisoen manne.

Photos from Hoërskool SPS Brandfort's post
facebook.com

Timeline Photos

Baie geluk Hans-willi. Jy verdien die goud. (Diskus)

Timeline Photos
facebook.com

Timeline Photos

Timeline Photos
facebook.com

Photos from Hoërskool SPS Brandfort's post

Baie sterkte aan Hans-Willi Wipplinger wat van môre af deelneem aan die "Nedbank National Championships for Physically Disabled" in PE. Hy gaan deelneem in Gewigstoot en Diskus. Jy maak ons trots.

Photos from Hoërskool SPS Brandfort's post
facebook.com

CTU Open Day

Ons leerders word uitgenooi na die CTU se opedag: Don't miss out! 6 May 2017 we’re hosting our Open Day – 80’s style! Get ready for a rad arcade room, wicked gifts and gnarly experience! #CTUbloemfontein #CTU #careerguidance #rurdy #whoami #ctu30years https://www.eventbrite.com/e/ctu-open-day-tickets-32978667081

facebook.com

Quiz

NEAR Hoërskool SPS Brandfort