Top Local Places

Hoërskool Frikkie Meyer

Tamboti Str no 1, Thabazimbi, South Africa
School

Description

ad

ONS ONDERNEEM

RECENT FACEBOOK POSTS

facebook.com

TOUCH RUGBY TBV MATRIEKAFSKEIDSFONDS - JUN 2017

Touch rugby vat vlam by HFM Op Jeugdag het die matriekafskeidreëlingskomitee van Hoërskool Frikkie Meyer ‘n baie geslaagde Touch Rugby-toernooi by die skool aangebied om fondse in te samel vir die matriekafskeid. 14 spanne, waaronder twee damespanne en ‘n gemengde span, het deelgeneem in twee ligas, naamlik ‘n elite- en ‘n sosiale liga. Na ‘n mededingende dag het The Mighty Swallows van Swallow Fork as welverdiende oorwinnaars uit die elitestryd getree. Die beste speler van die dag, Ribs, was ook deel van hierdie groep. Die sosiale liga is gewen deur The Pensioners. Die twee spanne het goeie sportmangees aan die dag gelê deur hul swaarverdiende prysgeld aan die matriekafskeidfonds te skenk. Volgens die organiseerder, Berna Kriel, was die dag ‘n reusesukses danksy die borge wat die dag moontlik gemaak het. Sy sê verder: “Ek sien uit daarna om hierdie projek as ‘n jaarlikse instelling by HFM te vestig en is reeds aan die beplan vir ‘n volgende toernooi met nog meer ligas en spanne.” Sy daag ook Choppa du Preez, ‘n graad agt leerder van die skool, wat bekroon is as die lojaalste speler van die dag, en die span met die meeste gees, The Rebels, uit om weer hul staal te kom wys.

TOUCH RUGBY  TBV MATRIEKAFSKEIDSFONDS - JUN 2017
facebook.com

Hoërskool Frikkie Meyer

Ondersteun asb ons Donkey Derby ten bate van die Matriekafskeidsfonds 2017

Hoërskool Frikkie Meyer
facebook.com

HOKKIE LIMPOPO FINALE Donderdag 15 Junie het ons 0/15A gaan uitspeel teen Stanford Lake College om deur te dring na die finale van Limpopo. Die dogters het baie goed gespeel maar hul was nie gewoond aan die astrobaan nie en hul het toe1-3 verloor. Vrydag 16 Junie het ons 14 A, 16 A en 1e span aan die semi-finale van Limpopo deelgeneem. Die 14 A het teen Merensky gespeel en aan die einde van die wedstryd was hul telling 1-1 en moes hul toe oorgaan na die 8 sek uitspeel. Hul het dit toe gewen en is deur na die finaal van Limpopo. Die tweedespan het teen Ben Vorster gespeel en ongelukkig 2-3 verloor. Baie geluk ook aan die dogters wat tot daar gekom het. Die 16 A het teen Piet Potgieter gespeel en in 'n baie harde wedstryd het hul 1-1 gelykop gespeel en moes toe ook oorgaan na die 8 sek uitspeel. Hul het dit ongelukkig verloor en moet toe uitspeel vir 3 en 4. Eerste span speel teen Ben Vorster en in 'n baie mooi wedstryd wen hulle 2-1 en is deur na die finaal van Limpopo. Saterdag 17 Junie 14 A speel in die finaal teen Piet Potgieter en verloor ongelukkig 0-3 maar is Limpopo naaswenners. 16 A speel teen Ben Vorster en wen 3-0 en is derde in Limpopo. 1e span speel teen Ben Viljoen in 'n baie goeie en harde wedstryd en loop voor 2-1 tot 2 minute voor die einde en laat toe dat Ben Viljoen 'n doel aanteken en eindig gelykop en moet ook oorgaan in die 8 sek uitspeel. Wat hul toe ongelukkig verloor. Hul eindig as naaswenners van Limpopo. Ons is baie trots om met 3 spanne Noorvaal toe te gaan. Baie geluk dogters en daar is nog baie harde werk voor. Noordvaal vind plaas van die 3- 5 Augustus. Geluk aan almal wat so goed presteer het.

facebook.com

Timeline Photos

SATERDAG 24 JUNIE 2017 RUGBY PROGRAM

Timeline Photos
facebook.com

ONS PROGRAM VIR HIERDIE WEEK MAANDAG 19 JUNIE Volle SR aan diens DINSDAG 20 JUNIE - WOENSDAG 21 JUNIE - DONDERDAG 22 JUNIE Finansiële Komitee vergadering 08:00 VRYDAG 23 JUNIE - SATERDAG 24 JUNIE Rugby: Finaal B-Spanne - HFM Rugby: Semi Finaal A-Spanne - HFM Hokkie: Finale SONDAG 25 JUNIE -

facebook.com

Sunshine Tour

Baie geluk aan Jaco Prinsloo. Oud Frikkie met jou puik prestasie. Ons is besonder trots op jou

Sunshine Tour
facebook.com

Timeline Photos

Daar word 'n beroep op ons leerders gedoen om aansoek te doen vir jou ID KAART. Die nuwe ID kaart word benodig met registrasie vir die Matriekeindeksamen. Alle persone bo die ouderdom van 16 jaar kan aansoek doen vir die ID kaart. Die SASSA kantore is geleë naby die nuwe staatshospitaal in Regorogile

Timeline Photos
facebook.com

Timeline Photos

Baie geluk aan me Mariaan Senekal wat gister verjaar het. Ons hoop jy het 'n baie mooi dag gehad. Mag die jaar wat voorlê vir jou een van die bestes wees. Van die hoof, personeel en leerders

Timeline Photos
facebook.com

Hoërskool Frikkie Meyer

Onthou Vrydag se Touch rugby ten bate van Matriekafskeidfondsinsameling 2017. Bring die kleingoed saam. Tonne pret met gesigverf springkasteel ens. Baie verversings te koop.

Hoërskool Frikkie Meyer
facebook.com

HFM MBT GHOLFDAG TBV MATRIEKAFSKEIDFONDSINSAMELING

'n groot dank aan MBT vir n suksesvolle HFM golfdag baie dankie aan al ons borge en ons spelers wat dit n ongelooflike dag gemaak het. Hierdie dag was ten bate van die Matriekafskeidfondsinsameling 2017.

HFM MBT GHOLFDAG TBV MATRIEKAFSKEIDFONDSINSAMELING
facebook.com

RUGBY VERSLAG 10 JUNIE 2017 HFM VS ELLISRAS 0/14 A Verloor 41 -10 0/15 A Verloor 15 -6 0/16 A Wen 68-0 2 des Wen 29 -0 1 stes Wen 62 -12 Ons junior spanne verloor albei teen Ellisras maar ons seuns speel baie goeie rugby. Die 0/14 A span gee nooit op nie en eindig baie sterk. Die 0/15 span baie ongelukkig om nie te wen nie, ons het laasjaar ver verloor teen Ellisras en maak die jaar groot vordering. Die 0/16 en 2 de span speel baie goeie rugby en wen Ellisras gemaklik , veral die 0/16 span se wedstryd word vroeg gestop omdat telling te hoog was. Ons 1 ste rugby span speel weereens baie goeie rugby en wen Ellisras gemaklik op die einde daar nog n paar klein foute maar rond baie goed af, met die agterlyn wat weekliks verbeter. Rugby groete

facebook.com

HOKKIE UITSLAE Dit was ons laaste ligawedstryde teen Ellisras vir die jaar. Die dogters het mooi hokkie gespeel. 14 A 4 - 0 WEN 15 A 1 - 1 GELYKOP 16 A 3 - 0 WEN 2 e 9 - 0 WEN 1 e 7 - 0 WEN 5 Wedstryde gespeel wen 4 en speel 1 gelykop. 24 doele vir ons en net 1 teen ons. Baie geluk dogters en afrigters. LIGA - UITSLAE Al 5 spanne kwalifiseer om eerskomende naweek in die semi-finale en finale van Limpopo te speel. Die 0/15 A moet donderdag 'n kwalifiserende rondte teen Stanford Lake College speel om deur te gaan na die semi-finale. 14 A is naaswennners 2e is naaswenners 1e is naaswenners 16 A is ligawenners Sterkte vir die week se harde werk, glo al ons spanne gaan hul beste gee.. Juf. Rentia

facebook.com

Quiz