Top Local Places

Hoopstad Medi-Care

2 Voortrekker street, Hoopstad, South Africa
Medical & Health

Description

ad

Hoopstad Medi-Care

RECENT FACEBOOK POSTS

facebook.com

Kan iemand wat weet my asseblief se hoe werk hospitaal etiket vir besoekers? Sover ek ondervind is daar klaarblyklik absoluut geen. Behalwe in die ICU. Daar mag net sekere tye ook net 2 besoekers per bed wees. Kinders verbode. Salig. So bevind ek my eendag in n hospitaalbed en wag vir 'n klein proseduretjie wat gedoen moet word. Die narkotiseur trek die ou gordyntjies om elke bed getrou toe. Dan vra hy ten aanhore van elke pasient en besoeker en sommer die morele ondersteuners in die saal privaat goete, soos hoeveel jy weeg. Wat het jou gewig met die res van die saal te doen? Teen die tyd wat hy by my bed gekom het, het ek al sy vrae beantwoord nog voor hy kon vra. En met my vingers beduie hoeveel ek weeg. Hopelik het hy die skimp gevang. Toe trek die pasient in bed 3 en haar man weg op hul selfone. Sommerso met elkeen n laptop op die skoot. Doen besigheid asof hul op kantoor is. Se vir die suster hulle is rekenmeesters. Pasient in bed nr 3 se man dreun vrolik voort terwyl hy oor die selfoon orders uitdeel vir die mense in sy kantoor. Om met 'n gesteurde gesiggie in sy rigting te kyk, help nie. Teen die tyd wat die suster se kalmeerpilletjie begin werk, staan ek op en stap nader. Gee hom die vuilste kyk wat ek kan. Hy sluk toe sy woorde en gaan sit in ontvangs met sy bulderende stem. Die ander pasiente lyk dankbaar. So beland my ma in die hospitaal. Kry ek myself dat ek luidkeels aan die hele familie vertel hoe sleg sy lyk. Ek het darem die vuil kyke raakgesien en uitgestap met die foon. Laatmiddag kom die pasient in die bed langs my ma se hele gesin daaraan. Hulle het take-away vetkoeke gaan koop en hou piekniek langs haar bed. Sonde, die vrou het rerig seer gehad en toe moes sy nog haar kinders met huiswerk help. Dit bring my by n ander issue. My familie glo as iemand in die hospitaal is, moet iemand van ons elke liewe dag daar wees. Asof ek dit nou kan bekostig om van Hoopstad af Bloemfontein toe te ry om te vra wat ek oor die foon kon vra. Die eerste keer wat ek n groot operasie gehad het, is my ma saam. Ek het myself belowe nooit weer nie. Sy sou ten aanhore en aanskoue van almal baie kwaai vir my se: "Sussie, eet jou sop!" Of nog erger. Om die toiletdeur loer en vra: "Sussie, kry jy gepiepie?" Sedertdien vat ek niemand saam as ek hospitaal toe gaan nie. Ek is seker hulle teken dit iewers skelm aan. Wanneer laas het jy 'n suster gesien wat vir jou kom vra of sy vir jou kan snoepie te gaan? Mediese personeel kloek net meer om jou as hulle sien jy is alleen. Ek wil asseblerrieblief nie besoekers langs n hospitaalbed he nie. As jy sleg voel, nog slegter lyk... is jy enigsins lus om die vraag te beantwoord wat vra hoe jy voel? Sodat hulle simpatiek kan se: "Jy lyk nie lekker nie." Verdomme, in n hospitaalbed lyk en voel niemand goed nie. En is beslis nie lus vir praatjies maak nie. In die tyd wat ek in n hospitaalbed gele het, het ek streng besoekure en swygsame besoekers gemis. Want hoe op dees aarde kry jy by hulle verbygeloop in jou skimpy pajamas as al jou aandag by die drip op die stellasie is waarmee jy moet sukkel? Dan praat ek nie eens daarvan dan jy voor teater by almal moet verby skuifel in daai oop operasiejassies nie. Ag nee man, bring terug kwaai saalsusters en properse besoekure.

facebook.com

Hoopstad

Gaan like seblief die Hoopstad page

Hoopstad
facebook.com

Prof Wayne Marais, oogspesialis besoek Hoopstad Medi-Care 29 April 2017 Diabete, hoë bloeddruk lyers en gloukoom pasiënte is sy spesialiteit (enige kroniese siekte toestande) Vir n afspraak - kontak Ontvangs 053 444 1600 Kostes verhaal van mediese fondse

facebook.com

Oor mense met kinders en mense sonder kinders... (Soos gewoonlik reflekteer hierdie skrywe nie dr Joubert of enigiemand by haar spreekkamer se mening nie). Mense met kinders en mense sonder kinders is albei ewe jammer vir mekaar. Met rede. Die eerste ding waaroor mense gesels is hul kinders. Soms is dit ook die enigste ding waaroor hulle kan praat. Die trouringe blink nog, dan kom die vraag: "wanneer kom die babatjie?". Eers sal mense goediglik uitvra. Dan ernstiger en later blatant inmengerig. Ergste van alles is seker daai simpatieke stemtoon waarmee hul vra: "siestog, sukkel julle?" Daar is 'n fyn lyn tussen opregte belangstelling en dit-het-niks-met-jou-uit-te-waai-nie. Om nie kinders te he nie is 'n sameloop van baie dinge. Tydsberekening, sotlike keuses, finansies en sommer net dat die lewe nie uitgewerk het soos jy dit beplan het nie. Om heeltyd daaroor uitgevra te word is sommer 'n pyn As iemand kies om nie kinders te he nie, hou jou opinie daaroor vir jouself. Soms kyk ek die gesinsfotos van my friends op facebook so ... elke kraai dink sy eier is die witste. Daar is fotos van kinders, skoonkinders en kleinkinders. Ek huil so bietjie in my hart want daardie vreugde, liefde en trots is my nie beskore nie. Ek weet kinders is nie altyd net n vreugde nie. Hulle kan soms 'n groot verdriet ook wees. En laat ek maar bieg, as ek n kind n tantrum sien gooi is ek maar dankbaar ek is nie n mamma nie. Mense met kinders doen iets waarvan hul nie eens bewus is nie. Kinderloses word subtiel uit die gemeenskap geskuif en die kerk is die grootste sondebok. Niemand doen dit doelbewus nie. Dit is nou maar net so. Vriendinne kuier by kinderpartytjies, pannekoekpanne en skoolfunksies. Ons word uitgesluit, onbewustelik, maar tog. Daar is niks wat jou kinderloosheid so koggel soos n lee kerkbank langs jou nie. Kerke reel aktiwiteite rondom gesinne en ek sit soos n uil op n kluit. Later bly ek maar net daar weg. Die simpelste ding van kinderloosheid is dat jy op hierdie status beoordeel word. Selfs al maak jy n konstruktiewe voorstel of bydrae word dit gereeld afgeskiet met "jy sal nie weet nie, jy het nie kinders nie". Ek voel daai aanmerkings gereeld aan my eie stert. Kinderloosheid is n issue waarmee ek self moet deel. Elkeen hanteer dit anders. Ek het gekies om deel van my vriende se kindervreugdes te wees. Ek soen en druk en bederf met liefde en aandag. Wat wil ek nou eintlik met hierdie skrywe se? In n dorp en kerke waar alle sosiale aktiwiteite om gesinne draai, probeer ons kinderloses intrek en betrek. Want meestal, as ons kon kies, sou ons ook kinders wou he. Maar dit is n gawe van God en is nie in ons hande nie.

facebook.com

Timeline Photos

Kom geniet n stukkie Vlakoek en n koppie koffie by Hoopstad Medi-Care 🍰☕️

Timeline Photos
facebook.com

SUPPLEMENTS @ HOOPSTAD MEDI-CARE

Supplements @ Hoopstad Medi-Care. Ask for Tanya at pharmacy or Jane at reception. No supplements on credit. Strictly cash. If you want any products, that is not on the shelf, contact Anzelle and she will order.

SUPPLEMENTS @ HOOPSTAD MEDI-CARE
facebook.com

Timeline Photos

Het jy dalk vergeet om jou valentyn te bederf. Koop n cupcake by medicare en wys jy is nog lief vir haar/hom 💓

Timeline Photos
facebook.com

Timeline Photos

Lemon ice tea/cherry pop/ pink lemonade koeldranke R16 en verskillende milkshakes R20 beskikbaar by Ricky 🍒

Timeline Photos
facebook.com

Timeline Photos

Heerlike Lemon Meringue by Hoopstad Medi-Care 🍋

Timeline Photos
facebook.com

10 redes om in Hoopstad te woon.. (Soos gewoonlik tong-in-die-kies geskryf en reflekteer niemand by Medicare se opinie nie). 1. Stopstrate is ornamente Flikkerligte opsioneel. Niemand lig n wenkbrou as jy regs oor n pad stop om gou by n winkel in te glip nie. Ons gesels so in ons motors by straathoeke. Dis ongeskik om toeter te druk. Dit is Hoopstad-etiket dat jy om die geselsende motors ry. 2. Elke besigheidseienaar stop onder die koelteboom die naaste aan die winkeldeur. Dit is ononderhandelbaar. Die kliente kan maar verder loop. 3. Al ooit gesien hoe verstom is kuiermense as hulle sien jy het n rekening by PnP? Hulle verstaan ook nie mooi van daai ding dat jy "op die boekie" petrol ingooi nie. 4. By elke soort geleentheid moet ons eet. En as die helfte van die kos nie oorgebly het nie, was die kos te min 5. Ons groet met n vriendelike wuif as ons bymekaar verby ry. Dit maak ons gemeenskap besonders. Ek se my kuiergaste ook aan om almal so te groet. 6. Ook net in ons dorp sal n vriendin jou bel en se jou seuntjies en tuinman is op hul fietse rugbyveld toe. Om te gaan sokker speel in werkstyd 7. Van fietse gepraat, niks vreemds om te sien kaalvoet seuntjies ry sondagoggende met hul fietse kerk toe nie. En by die kleuterskool is dit n algemene gesig dat die tuinman soggens vroeg en huistoegaantyd saam met die kinders ry nie. 8. Dis net ons apteek wat jy kan bel en se jy het hoofpyn. 10 minute later is die bode op sy fiets hier met mediayne en n tjoklit vir spoedige beterskap 9. Geen ander dorp het n Barnard's noe. Of jy jou huis wil verf, gif soek, gordynstokke opsit of skilderye hang... jouself uitgesluit het.. wat ook al stukkend is, Barnard's fix dit. Verjaag tot swerms bye. 10. Ons ken van droogtes. As die Vetrivier afkom en die visse loop is die atmosfeer daar onder by die rivier so vrolik soos die Kaapse Klopse. Jy kan vars vis gaan koop daar. Blykbaar kan jy barbers kerrie om die ergste moddersmaak uit te kry. Watter redes kan jy nog byvoeg?

facebook.com

Timeline Photos

GEBAK VIR DIE DAG... 🍰 Kom geniet vandag heerlike vars sjokolade koek @ R20 n stukkie

Timeline Photos
facebook.com

Taaiseun Personal Training Studio

Zani, Michael dankie vir n heerlike week van training, ons waardeer julle! En Zani, welkom in Hoopstad, hoop jy voel gou tuis!!

Taaiseun Personal Training Studio
facebook.com

Quiz

NEAR Hoopstad Medi-Care