Top Local Places

Snip & Rissiepit Kleuterskool BK

11 Truro Road, New Redruth, Alberton, South Africa
Education

Description

ad

Maksimum van 38 1-5jariges wie elke dag liefde, onderrig, toewyding en 'n gebalanseerde dieet ontvang. Rapporte word kwartaalliks uitgegee.

CONTACT

RECENT FACEBOOK POSTS

facebook.com

ASSESSERING VOLGENDE WEEK Ek toets volgende week Woensdag en Donderdag fyn motoriese ontwikkeling en, spesifiek, ook hoe die kleuters sny. Hier is 'n riglyn vir ouers wie graag tuis wil oefen, aangesien dit nodig is dat kleuters ook tuis oefen met die oog op laerskool waar daar daagliks uitgeknip word: 2-3 jaar oud: oefen eers om klei wat uitgerol is, te knip 3-5 jaar oud: oefen om te knip - ouers se hulp is nodig vir 3-4 jaar groep om knipbeheer te oefen - geduld is nodig Ongelukkig kan knip nie slegs by die kleuterskool ge-oefen word nie, maar moet ook tuis ge-oefen word ook om dit te bemeester. Ek besef ouers is skrikkerig dat hul kleuters self sny en plak, maar dit moet onder streng toesig gedoen word, anders mag daar 'n ongeluk plaasvind. Daar is verskeie skêre beskikbaar en enige skryfbehoeftewinkel behoort u te kan help met die aankoop van die gepaste skêr. Kleuters begin, natuurlik, met 'n stompneusskêr.

facebook.com

facebook.com

ASSESSERING: Ek het vandag begin met assessering en ons ek fokus vandag op Wiskunde, vorms en kleure met my 3-5 jaar groep. Ons het ook begin met eenvoudige getalpatrone gepas vir hul vlak. Dit is belangrik dat die kleuters leer om te kan optel in rye deur van links na regs te beweeg met hul vinger, presies soos wat mens 'n storieboek sal lees, so basies leer dit vir hul 'n patroon aan. Ons pak verskillende kleure vorms in rye met dieselfde kleur wat afloop in volgorde van byvoorbeeld 5 in 'n ry, naamlik geel, groen, rooi en blou. Dan tel die kleuters eerstens elke afsonderlike kleur se getal vorms en benoem die 5 vorms. Daarná beweeg hul met hul vingers van links na regs op elke vorm in elke ry terwyl daar getel word vanaf 1 en hul eindig by 20. Net sodat u as ouers ook verstaan indien julle tuis wil oefen. Maandag en Dinsdag gaan ek legkaartbou toets en hier is 'n riglyn vir u as ouers indien julle tuis wil oefen die naweek of dan wil oefen vir "groot skool": 1-2 jaar: Knoppielegkaarte en 2-3 stukke 2-3 jaar: 4-6 stuk 3-4 jaar: 12 stuk 4-5 jaar: 18 stuk (alhoewel van my kleuters in hierdie groep reeds 'n 24-stuk kan bou) Graad R: 24 stuk Graad 1: 36 stuk

facebook.com

Wild Ones se besoek aan Snip en Rissiepit Kleuterskool vandag.....dankie, Julian, vir jou puik aanbieding! Die kleuters het dit vreeslik geniet...dit was inter-aktief en opwindend vir hulle - hulle het al hul sintuie gebruik wat bydra tot 'n onvergeetlike ondervinding en blywende herinneringe. So awesome om deel te kon wees van hierdie ondervinding wat hul vorming aanbetref. Glo my, 'n slang is nie my gunsteling troeteldier nie, maar Juffrou Elmi moes dit doen om vir kleuters te demonstreer hulle hoef nie bang te wees nie - leading by example. Daarná het 'n hele paar kleuters hul vrese oorkom en beide slange vasgehou 🤗 Trots op hulle en dankbaar vir hulle kinderlike vertroue in my.

facebook.com

Speeltyd 😂

facebook.com

Baie dankie aan Lizelle Crous, Vickie Oelofse en Deidre Muller vir skenkings aan Wild Ones Opvoedkundige Diereprojek

facebook.com

Gereed vir Wild Ones opvoedkundige dierevertoning😀

facebook.com

Baie geluk aan ons oud-leerling, Divan Ferreira, wie gekies is as Leerlingraad vir 2018 by Laerskool Randhart, ons is super-trots op jou en jou ouers vir die opvoedingstaak ✨🎈🎉🎇🎆🎊

facebook.com

facebook.com

Elmi Botha ...... net 2 slapies.....sien uit! 🤣 Dankie vir almal se ondersteuning! 160 confirmed and going so far! 😀 Great pryse, great vriende, great geselskap, lekker drankies en dit alles verlaag die stresvlakke....wie is nie gestres dié tyd van die jaar nie?!? Opreg dankbaar dat ons hierdie aand kan reël. Baie dankie ook aan die Hoof van Hoërskool Dinamika, Johan Schutte, vir die gebruik van julle saal, ons waardeer dit!🤣

facebook.com

facebook.com

facebook.com

PICTURES BY OTHER USERS ON INSTAGRAM

mr.zandre_coetzer

@mr.zandre_coetzer, instagram.com

Quiz